TUNA PANNEKOEKSTAPEL
- 1 groot uie, gekap
- 1 pak murgpampoentjies (zuccinis), gekap
- 1 pak sampioene, gekap
- 1 teelepel fyn knoffel
- 100 ml koekmeel
- 2 koppies melk
- 1 teelepel kaaspoeier of 1 koppie kaas
- 2 – 3 hoenderborsies, gaar gebraai en gepluis
- 1 pak spek fyn gesny
- ekstra kaas vir oorstrooi, na smaak
- 2 blikkies tuna (kan met fyn hoender vervang word)
- 6 – 10 klaar gebakte pannekoeke
Braai spek en hoender saam.
Braai uie, murgpampoentjies, sampioene en knoffel saam in bietjie olie.
Meng die meel, melk, kaas, hoender en spek in en kook deur tot alles gaar is.
Dis nou ‘n dik witsous mengsel. Gebruik ‘n oondpan wat voorberie is vir die gereg.
Neem ‘n pannekoek of twee, plaas in die oondpan, smeer van die vulsel bo-op, pak weer pannekoek en weer vulsel en hou aan met die lae tot alles opgebruik is of so dik as wat jy verkies, eindig met vulsel.
Strooi ekstra kaas oor bak.
Bak vir 25 min 180ºC tot alles deur warm is en die kaas lekker gesmelt.
Nota:
Hier is 6 pannekoeke opmekaar in die foto.
Jy kan maklik 10 pannekoeke gebruik !! Hang af hoe dik jy die vulsel wil hê!!
Resep en foto: Gezina En Hennie Gouws