TUNA EN SAMPIOEN PASTA
- ½ pak gnocchi pasta
- 1 blik tuna
- 1 blik sampioene
- 1 eetlepel Ina Paarman hoender speserye
- 1 eetlepel Ina Paarman cajun speserye
- 1 pakkie Royco cheese, ham and mushroom pasta sous
- 2 eetlepels soet rissiesous
- knoffel botter
Maak pasta gaar soos op die verpakking beskryf.
Verhit die knoffel botter in ‘n pan tot gesmelt.
Sit die blik sampioene en die speserye in en braai.
Voeg die blik tuna by en braai verder.
Meng die soet rissiesous by en haal van plaat af.
Meng die tunamengsel en gaar pasta goed saam.
Maak die pakkie sous soos op die verpakking aan en meng by die pastagereg in.
Bedien.
Foto: Suzaan Steenberg