Your Recipe Blog

TUNA EN RYSGEBAK

TUNA EN RYSGEBAK

Ek het bietjie oorskiet rys gehad van gisteraand wat ek sommer omgetower het in die dis – nogal lekker gekom!
Adam Cloete – Dankie Sunette hierdie is nog een van daardie lekker maklike en vinnige geregte wat as hoofmaal of bykos kan dien. Ek het wel spesiaal rys gekook daarvoor, maar dis nog steeds die moeite werd.

  • 1 pakkie sampioene, opgesny
  • oorskiet rys (myne was ongeveer 2 – 3 koppies gaar jasmine rys)
  • 250 ml melk
  • 125 ml mayonnaise
  • 4 eetlepels Maizena/corn starch
  • ½ teelepel sout
  • 2 blikkies tuna, gedreineer
  • 1 eetlepel botter
  • 2 koppies gerasperede kaas (ek het mature Cheddar gebruik)
  • ¼ teelepel fyn knoffel
  • 1 teelepel uiepoeier (koop dit by woolies se spices, maar ‘n baie fyn gesnyde uitjie sal ook werk)
  • 1 sakkie” fish stock” (hoender “stock” sal ook lekker werk)
  • 1 eier

Smelt botter in ‘n pan, braai sampioene tot gaar (as jy ‘n ui gebruik braai dit saam met die sampioene) wanneer sampioene gaar is, voeg die oorskiet rys daarby en braai dit liggies.
Voeg die knoffel by asook die “fish stock” en tuna (dreineer die water of olie af voor jy dit by die rysmengsel voeg).
Braai nog bietjie en haal van die plaat af. Meng helfte van die kaas by die rysmengsel in.
In ‘n mengbak meng die melk, sout en Maizena saam en roer goed om seker te maak die Maizena is mooi opgelos.  Meng die mayonnaise by die melkmengsel in, voeg die eier by en meng deeglik.
Skep die rys-tunamengsel by die melkmengsel en roer alles goed saam.
Smeer ‘n glasbak met bietjie botter of spuit met “spray n cook”.
Skep die mengsel daarin en bak by 180ºC vir ongeveer 25 – 30 min lank.

Resep: Sunette Shepperson
Foto: Adam Cloete

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page