TUNA EN LAYSSLAAI
As mens honger is en min tyd het, kom vreemde kombinasies te voorskyn wat lekker is 🙂
- ¼ Engelse komkommer
- ½ pakkie swart ontpitte olywe, gedreineer
- 8 klein tamatietjies, gehalveer
- 6 wortelbolletjies, gehalveer, of een wortel, geskil en in dun ringe gesny
- ½ klein botteltjie agurkies
- 1 wiel peper Feta
- 1 blikkie tuna chunks in water, gedreineer
- 1 handvol “croutons” (ek het pnp se caramelised onion gebruik)
- 1 pak 120 g Caribbean Onion and Balsamic Vinegar geur Lays Chips
Sny en meng alles behalwe laaste twee bestanddele. Voeg “croutons” en Lays by net voor opdiening dat dit “crunchy” bly en nie pap raak nie.
Kan ook geniet word saam met vars broodrolletjies met botter.
Genoeg vir 2 tot 3 persone as ‘n ete.
Resep en foto’s: Christelle van Rooyen