TUNA- EN KOOLGEBAK
Ek deel vanaand nog ‘n keto/low carb resep wat baie lekker, maar ook baie goedkoop is en met bestanddele wat mens waarskynlik nie sou dink by mekaar pas nie! Tuna en koolgebak…baie baie lekker xxx
- 2 eetlepels olyfolie
- 50 g botter
- 1 ui, gekap
- ½ kop kool, gekap
- 2 murgpampoentjies, gekap
- 2 blikkies tuna (in olie of water), gedreineer
- 1 ½ teelepels knoffelvlokkies
- 2 – 3 teelepels droë dille
- 200 ml passata
- 250 ml room
- 1 teelepel suurlemoensap
- sout en peper na smaak
- 250 g gerasperde kaas
Braai die ui in die olie en botter vir ‘n paar minute tot deurskynend.
Voeg die kool en murgpampoentjies by, bedek en braai vir 10 -15 minute oor medium hitte.
Voeg nou die tuna, geurmiddels, passata, room en suurlemoensap by en prut vir nog 5 minute.
Skep in ‘n gesmeerde oondvaste bak, sprinkel kaas bo-oor en bak 25 – 30 minute by 200ºC tot goudbruin.
Bedien met bietjie ekstra gerasperde kaas bo-oor.
Resep en foto: Ilze Jacobs