TUNA EN KAASKRULLE GEREG
Resep en foto: Jan Salti Viljoen
- 2 blikkies tuna, water gedreineer
- 1 pakkie spek ± 230 g, blokkies
- 1 pak kaaskrulle, semi fyngedruk
- 120 ml mayonnaise
- 120 ml perske blatjang
- 3 eiers
- 1 koppie gerasperde gouda of cheddar
- 1 koppie parmesan
- 150 ml melk
- knoffel na smaak
- 1 ui, opgekap
- Braai die spek en ui, meng daarna die bogenoemde bestanddele by buiten die parmasan.
- Skep die mengsel in ‘n oondvaste bak.
- Strooi die parmesan bo-oor.
- Bak vir 45 – 50 min op 180°C in die oond.
Category:

