TUISGEMAAKTE UIESOUT
Resep en foto: Renate Visser
My resep is net baie dun uie skille, ook die deel wat ‘n mens as ‘n reël weggooi.
Die uie het ek op ‘n oondpan gestrooi en op ‘n lae hitte gedroog.
Maak seker dat die uie heeltemal droog is. Rina het uitstekende raad gegee deur ‘n houtlepel in die oond se deur te sit sodat vog ontsnap – wat ek ook gedoen het.
Die gedroogte uie het ek in ‘n voedselverwerker geskep en fyn gekap.
By die een klomp het het ek net sout by gegooi en in voedselverwekerker bietjie gekap.
Wenke van Amanda Taylor
Ek doen dit gereeld. Maak ‘n hele rits groentepoeiers. As ek enigsins ‘n wenk kan gee. Selfs al lyk dit droog is daar altyd nog vog in en klou dit vorentoe aan mekaar vas as jy dit oopmaak.
Ek droog dit, plaas in voedselverwerker.
Dan skep ek dit weer in die oondpan vir so 20 min tot ‘n halfuur.
Daarna werk ek diti ek dit deur ‘n sif.
Die voedselverwerker maak dit nie alles poeier nie so as ek alles wil verpoeier dan skep ek die laastes in ‘n klein koffiemeultjie.
Dan gaan albei (poeier en vlokkies) in 2 verskillende panne vir ‘n derde keer oond toe vir nog so 20 min tot ‘n halfuur.
Dan stoor in glasbottel.
Ek het al so baie eksperimenteer en dis al hoe my poeiers los bly en nie klonte maak of selfs alles aanmekaar vassit in die houer nie.
Ek droog alles. Groei my eie groente en om dit te droog maak net sin omrede mens dit soveel makliker kan stoor.
Ek gebruik die poeiers as smaakmiddel in sop, bredies en selfs bo-oor kos.
Stoor altyd in glasbottels.
Ek doen tamatie, pampoen, zuccini, spinasie, broccoli, wortel, brussel sprouts en dan soet-en brandrissies. Aartappel en patat is volgende op my lys om te probeer. Groenbone werk nie so lekker om poeier van te maak nie, vir my.
As ek enigsins ‘n wenk kan gee.
Ek doen dit gereeld, maak ‘n hele rits groentepoeiers.
Selfs al lyk dit droog, is daar altyd nog vog in en klou die poeier vorentoe aan mekaar vas as jy dit oopmaak.
Ek droog dit, plaas in voedselverwerker om fyn te maak.
Dan strooi ek dit weer in die oondpan en droog weer vir so halfuur.
Daarna sif ek die poeier, want die voedselverwerker maak dit nie alles poeier nie, en die laaste bietjie growwe stukkies maak ek fyn in die koffiemeul of “grinder”.
Ek voeg weer die poeier in 2 verskillende panne en vir ‘n derde keer oond toe vir nog ‘n halfuur.
Voeg die droë poeier in glasbottels. Ek het al so baie eksperimenteer en dis al hoe my uiepoeier los bly en nie klonte maak of aan mekaar vasklou in die houer nie.













