Your Recipe Blog

TUISGEMAAKTE TOEBROODJIESMEER

TUISGEMAAKTE TOEBROODJIESMEER

  • Groentemengsel:
  • ½ koolkop
  • 2 rooi radyse
  • 2 wit radyse
  • 1 soetrissie (groen/rooi of geel)
  • 1 Engelse komkommer
  • 1 wortel
  • 1 groot ui
  • sout, na smaak
  • Res van bestanddele:
  • 3 eetlepels tamatiesous
  • ¼ koppie asyn
  • ¼ koppie suiker
  • mayonnaise, na smaak

Kap die groentemengsel fyn in voedselverwerker en braai in olie tot amper gaar maar nog bros, voeg die tamatiesous,  asyn en suiker by. Prut tot vloeistof verdamp het.
Verwyder van hitte en voeg mayonnaise by tot die tekstuur vir jou reg lyk.
Kap verder fyn met “stick blender” en bottel warm.
Hou in yskas.

Nota:
(Ek het eerste keer met “stick blender” gekap en dit was fyn genoeg dat ek nie nodig gehad het om dit weer te kap nie).

Aanpassings:
Ek het net die helfte van die resep gemaak, maar wel ’n hele middelmatig grootte wortel ingesit. Dit het gemaak dat die mengsel meer oranjerig gekleur het. Ek het ook ’n hele middelmatige grootte ui ingesit.
Ek het die klein rooi radyse gebruik.
Volgende keer sal ek meer daarvan insit, om die smaak bietjie skerper te kry.
(Ek mag verkeerd wees, maar ek dink my radyse het al bietjie groot gegroei en ek dink dan is die smaak minder skerp).
Ek dink ek sal ook minder suiker gebruik as die mayonnaise nie ’n redelike suur (tangy) een is nie.

Resep geplaas deur Ragiela Cloete
Foto:  Ragiela Cloete

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page