Your Recipe Blog

TUISGEMAAKTE TACO’S

Recipe by
Cook: 10-15 minute | Servings: 6 pieringgrootte taco's

TUISGEMAAKTE TACO’S

Ons is baie lief vir Meksikaanse kos en ek het gister probeer om Taco’s te maak. Ek was verras oor hoe maklik dit was. Jy kan dieselfde deeg gebruik om “chips’ te bak daarmee. Dit proe eintlik beter as die pakkies.

  • Taco’s:
  • 1 koppie polenta
  • ¾ koppie koekmeel
  • ¼ teelepel bakpoeier
  • ¼ teelepel sout
  • ¼ koppie sonneblomolie
  • ½ koppie water (of soos nodig om stewige deeg te maak)
  • Maalvleismengsel:
  • 500 g laevet maalvleis
  • 1 medium uit, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 of 2 rooi brandrissies na smaak, fyngekap
  • 1 eetlepel paprika
  • 1 teelepel komyn
  • 1 teelepel fyn koljander
  • 1 teelepel sout
  • Vulsel:
  • gesnyde blaarslaai
  • blokkies tamaties
  • blokkies avokado of fyngedruk
  • suurroom
  • soet- of brandrissies fyngekap (opsioneel)
  • gerasperde kaas van jou keuse

Taco’s:
Voorverhit die oond tot 200ºC.
Meng die droë bestanddele saam.
Voeg die olie by die droë bestanddele en meng met ‘n vurk deur.
Voeg die water bietjies-bietjies by totdat jy ‘n hanteerbare deeg het. Knie tot alles mooi bymekaar is.
Bêre in ‘n sakkie of bakkie en laat rus vir 30 minute.
Vorm die deeg in ‘n rolletjie en deel in 6 gelyke stukke.
Maak bolletjies en rol uit op ‘n liggies olie gesmeerde oppervlakte.
Sny ronde vorms met ‘n groterige piering.
Verf of spuitelke sirkel baie liggies met olyfolie aan beide kante.
Trek die oondrak uit en drapeer die sirkels oor 2 rondings van die oondrak om die Taco te vorm.
Herhaal met al 6 Taco’s.
Bak vir 15 minute totdat dit mooi ligbruin en hard is.
Maak oonddeur oop en laat die Taco’s afkoel en verwyder uit die oond.

Maalvleismengsel:
Braai uie en speserye vir 2 minute en voeg die maalvleis by.
Roerbraai vir ongeveer 10 minute oor medium hitte totdat die vleis gaar is.

Om die taco’s te vul:
Skep van die maalvleismengsel in elke Taco.
Plaas vulsel bestanddele van jou keuse bo-oor.
Geniet.

Vir skyfies:
Sny die ringe soos ‘n pizza, strooi lekker braaispeserye oor en bak op ‘n oondplaat vir 10-15 minute tot bros en mooi bruin.

Resep en foto’s: Bernadene Daniell Prinsloo

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page