TUISGEMAAKTE TABASCO SOUS
Maar ek belowe julle – DIT SMAAK HISTERIES LEKKER!
- 150 g rissies
- 2 liter wit asyn (ordentlike soort)
- 2 koppies suiker
- 150 g sout (hoeveelheid is reg so)
- 100 g geskilde knoffelhuisies, gekneus
Skep al die bestanddele in ‘n glashouer. Laat trek 2 weke.
Verpulp. (Pitte kan uitgehaal word voor jy dit verpulp – dan bietjie minder sterk)
Gebruik oor alles. Oppas, dit kan verslawend wees! Baie lekker.
(Ek het die resep eers halveer, want ek wou eers seker maak dit smaak REG!)
Resep: Henriette Janse van Vuuren / Willemien Swart-Windell
Foto 1: Bheula de Jager
Foto 2: Gideon Louw
Ek het 2 x 750 ml bottels wit asyn gebruik.
Baie goed, ek gebruik omtrent n liter per maand.