Your Recipe Blog

TUISGEMAAKTE SUIWELVRYE MELK

TUISGEMAAKTE SUIWELVRYE MELK

My 1 ste poging om my eie “oatsmelk” melk te maak. My seuntjie sukkel met iets in suiwel en hier in Tz koop mens nie dairy vrye melk op rakke nie🤦🏽‍♀️ volgende op my lys is rysmelk, cashew en almond melk.

  • 1 koppie hawermout (oats)
  • 4 koppies water, filter indien nodig
  • ⅛ teelepel seesout
Week die hawermout in die water vir ten minste 20 minute of selfs oornag (Indien haastig kan mens die stap vermy, alhoewel, na my poging sal ek die week aanbeveel, sal net fyner verwerk volgende keer).
Plaas die hawermout en water in ‘n voedselverkwerker, verwerk vir 30 – 45 sekondes op hoog.
Indien nodig kan dit langer verwerk word, hang af van die sterkte van die verwerker.

Die mengesel kan net so in die yskas gestoor word, of indien verkies kan dit eers deur ‘n sif of doek gedruk word.

Resep en foto: Carmari Fourie Strobos
Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page