TUISGEMAAKTE SOETSUUR SOUS
Resep en foto: Annelizle Botha
Heerlike “sweet and sour” sous wat ek maak, ek hou dit in die yskas, maar gebruik dit so vinnig, want my gesin is baie lief daarvoor.
- 1 koppie pynappelsap
- 1 blik pynappels stukke of fyn
- ¾ koppie bruinsuiker
- 1/3 koppie rysasyn of gewone asyn
- 3 eetlepels tamatiesous
- 2 eetlepels soet soyasous
- 1½ eetlepels maizena
- rooi kleursel
- Kook sap, suiker, asyn en die twee souse saam. Voeg daarby die maizena aangemaak met water en bietjie rooi kleursel. Kook tot verdik op lae hitte.
- Voeg die pynappels met die stroop by en kook deur.
- Bottel in skoon warm bottels en deksels Laat heeltemal afkoel en bewaar in die yskas.
Nota:
Ek het die mengsel 10 keer aangemaak.
Heerlik!!
Category:












