Your Recipe Blog

TUISGEMAAKTE ROOM VAN 1 KOPPIE MELK

Recipe by
| Servings: 800 ml

TUISGEMAAKTE ROOM VAN 1 KOPPIE MELK

  • 10 g ongegeurde gelatien
  • 60 ml koue water
  • 250 ml volroom melk
  • 60 g versiersuiker
  • knypie vanilla geursel/vanilla stokkie

Los die gelatien op in koue water vir 5 minute en verhit tot heeltemal opgelos. Moenie kook nie.
Meng volroom melk met versiersuiker en vanilla en los die gelatienmengsel op in die melkmengsel.
Verkoel in yskas vir 60 – 90 minute.
Laat rus by kamertemperatuur vir 30 minute voor klits.
Klits die mengsel vir omtrent 15 minute tot dit lig en donsig is.
Verkoel goed vir 2 ure en klits weer lank tot die tekstuur reg is.

Notas:
Hier is die eind resultate van die nagemaakte room. Dit is redelik soet.
Na die 1 ste lang klits het ek 1 liter gekry. Dit het ‘n porese tekstuur. Na tweede klits, net 800 ml gekry, maar die tekstuur is baie fyner, amper soos sagte koekversiersel, maar nie so styf soos die 1 ste een nie. Dit kan werk vir ‘n noodgeval as jy nie room het nie.

Nie seker of dit binne in ‘n tert saam met ander bestanddele sal werk nie. Het ‘n pynappel tert gemaak en dit bo-op geskep.

Resep getoets:  Hannetjie Langenhoven
Foto 1 – Links na 1 ste klits, regs na 2de klits
Foto 2: Bo-op tert geskep

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page