Your Recipe Blog

TUISGEMAAKTE RONDE CREAM CRACKERS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 8 - 10 minute + 5 minute

TUISGEMAAKTE RONDE CREAM CRACKERS

  • 2 koppies broodmeel
  • 180 ml room
  • 1 teelepel bakpoeier
  • 2 teelepels suiker
  • 1 teelepel sout
  • 2 eetlepels Italian herbs

Meng die meel, bakpoeier, suiker en sout in ‘n mengbak.
Voeg die room by en meng met ‘n hout lepel terwyl die room stadig bygegooi word.
Druk dan met die hand die stukkies deeg aanmekaar sonder om te knie sodat dit ‘n bal vorm.
Draai dit toe in kleef plastiek en laat rus vir 30 min (want ek dink hys moeg heheheeeee grappie)
Deel dan die bal in 4 dele en werk met een deel op ‘n slag.
Rol dit uit op ‘n meel oppervlak tot 3 millimeter dik.
Druk met ‘n bierglas of koekiedrukke sirkels uit.
Prik met ‘n vurk gaaitjies op die oppervlak en besprinkel met die Italian herbs aan beide kante.
Pak die sirkels op ‘n gespuite bakplaat.
Bak in ‘n voorverhitte oond vir 8 tot 10 minute op 180°C en draai dit dan na 10 minute om en bak die ander kant vir nog 5 minute tot mooi bruin.

Foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page