Your Recipe Blog

TUISGEMAAKTE PROVITA’S

Recipe by
Cook: 10 minute

TUISGEMAAKTE PROVITA’S

Ek het gevra vir ‘n resep vir Pro Vita en Rala van Jaarsveld Stauss het een geplaas.
Ek het toe my weergawe so effe verander en sal definitief ‘n pastamasjientjie aanbeveel vir ‘n eweredige dikte. Min of meer 1 tot 2 mm dik. Dis heerlik met margerien.

  • Basiese resep:
  • 2 koppies  koekmeel
  • 1 teelepel bakpoeier
  • 1 eier
  • ½ koppie sesame saad
  • ¼ koppie poppie saad
  • sout
  • 2 eetlepels olyf olie
Meng al die bestanddele saam en maak aan met ‘n bietjie water, maak seker die deeg is nie te styf nie.
Rol die deeg uit met ‘n koekroller en sny in stroke. Bak vir omtrent 10 min by 200 ºC.
Resep geplaas deur Rala van Jaarsveld Strauss
  • My weergawe soos op die foto.
  • 2 koppies “Nutty Wheat” ( OF 1.5 koppie)
  • 1 koppie koekmeel (OF 1.5 koppie )
  • ½ teelepel bakpoeier
  • ½ teelepel koeksoda
  • 1 eier
  • ½ koppie sesame saad
  • 30 ml poppie saad
  • 30 ml Flax saad, in blender fyn geklop
  • 1 eetlepel gouestroop
  • 4 ml sout
  • 2 eetlepels olyf olie
  • 1 koppie water

Ek beveel ‘n pastamasjien aan om uit te rol.
Meng al die bestanddele saam en maak aan met ‘n bietjie water, maak seker die deeg is nie te styf nie.
Rol die deeg uit met ‘n koekroller of pastamasjien en sny in stroke en blokke die grootte soos verkies.
Pak op ‘n voorbreide bakplaat.
Bak vir omtrent 10 min by 200 ºC.

Terugvoer van Hannie Steyn:
Ek wil net terugvoering gee oor die Pro Vita resep wat ek gemaak het so ‘n paar dae gelede.
Toe dit klaar gebak en heeltemal afgekoel was, het ek dit in ‘n plastiek bak gebêre.
Die volgend oggend was dit net so effe sag. Dis was nie crispy nie maar ek het dit toe wéér in die oond op 70° gehad vir ‘n kort rukkie, soort van uitdroog proses gebruik.
Dit is nogsteeds crispy na ‘n aantal dae en ek hou dit sommer in ‘n ziplock sakkie.
Net gedink om almal in te lig en ek glo dit sal soos beskuit ‘n hele paar weke/maande goed bly.

Resep en foto:  Hannie Steyn

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page