TUISGEMAAKTE POLONIE
- 600 g hoenderborsies, blokkies gesny
- 1 teelepel sout
- 1 teelepel swart pepper
- 1 teelepel knoffel
- 1 teelepel paprika
- 1 beet sag gekook
- 30 g gelatien
Plaas die speserye in warm water saam met die hoender sodat die water net die hoenderblokkies bedek en kook 25 min.
Haal die pot van stoof af en laat afkoel.
Skep die hoender in ‘n voedselverwerker en voeg 1 ½ koppies van die hoendesous by en maak baie fyn.
Plaas die beet opgesny in ‘n versapper saam met 100 ml water maak fyn.
Druk die beetmengsel deur ‘n sif, want ons gaan nou die beetsap gebruik om polonie te kleur.
Voeg 3 teelepels van die beetsap by die fyn hoender. Meng baie goed deur.
Meng 30 g gelatien net klein bietjie water, laat dit spons en voeg dit by poloniemengsel.
Meng goed.
Sny ‘n plastiek koeldrankbottel se bokant af en spuit met nie kleefwerende middel.
Skep die mengsel in die voorbereide plastiek bottel en sit in yskas vir ongeveer 4 ure tot gestol.
Sny die bottel oop en haal die polonie uit.
Sny in skywe of soos verkies en geniet.
Resep en foto’s: Martie Labuschagne
Foto 2: Ek het bietjie rooi soetrissie gebruik in my polonie resep en is die nou ‘n wenner, volgende keer vat ek die olywe. Ek het die helfte van medium rooi soetrissie bygevoeg, net so rou baie klein opgesny, maar mens kan dit ook vir paar minute stoom of braai indien verkies.