Your Recipe Blog

TUISGEMAAKTE PASTA

TUISGEMAAKTE PASTA

Môre môre. Wil net gou gou spog. Ons het toe ‘n pastadeeg resep gekry wat te wonderlik werk.
My dogter het daai bolletjie deeg seker vir 10 – 15 minute geknie. Die tekstuur is te mooi.

  • 4 koppies meel (ons het broodmeel gebruik)
  • 5 eiers
  • 100 ml water

Maak ‘n holte in die meel.
Voeg die eiers by, meng so bietjie en voeg die water by.
Dan begin die knie werk. Knie tot lekker elasties ongeveer 15 minute.
Laat rus die deeg vir 30 minute.
Sit die deeg deur die pastamasjien soos instuksies op die verpakking van die masjien, begin by no. 1 en werk deur tot op dunste stelling.
Pak op droograkkie of hang op om droog te word indien jy dit wil verpak, anders kan dit gaar gemaak word soos gewone pasta.  Wanneer droog, verpak en bere tot gebruik.
Nota:
Mens raak so opgewonde, die half uur raak naderhand te lank.
Ons het so ‘n klein pasta masjientjie en die Tagliate was op nr 9 se dikte gedoen.
Ek het klein droograkkie en dit daarop oornag laat droog word.
Dieselfde resep het ons ook cavatelli gemaak. (Bietjie meer tyd gebruik, maar stimulerend en toe sommer lekker gesels en gelag.)
Cavatelli – maak so ‘n lang dun rolletjie, sny 1 cm stukkies en gebruik ‘n vurk en rol die stukkie deeg van bo na onder in die holkant van die vurk se tande met ‘n mes se lem. (Sien foto)

Resep geplaas deur en foto’s: Hannie Steyn
2de foto: Suenell Liebenberg
Het die resep gehalveer (2 eiers gebruik en sommer met die hand gesny). Sal net volgende keer dunner uitrol.. maar was heerlik. Dankie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5