Your Recipe Blog

TUISGEMAAKTE PASTA VIR LASAGNE

TUISGEMAAKTE PASTA VIR LASAGNE

  • 2 koppies koekmeel
  • 2 groot eiers
  • 4 eetlepels water

Maak ‘n holte van die meel. Breek eiers oop en sit in die holte met een eetlepel water.
En werk dan al hoe meer van die meel by met die hande.
Vou dit gereeld terug op homself en sit elke nou en dan ‘n titseltjie water by.
Bewerk die deeg so 15 minute lank. (Is nogal ‘n taaierige besigheid aan die begin, maar dit word beter)
Maak dan ‘n bal, draai toe in kleefplastiek en laat ten minste 30 minute in yskas rus voor gebruik.
Rol uit met pastamaker tot ‘n dikte van 1 tot 1.5 mm. Gebruik in lasagne soos verkies.

Nota:
Nie nodig om eers te kook voor jy dit gebruik nie, maak net seker jou vleis het genoeg sous en dat jy dit lank en stadig bak, of pak dit paar uur voor die tyd en laat staan, dan maak die sous dit ook sag en raak dit maklik gaar.

Vraag:
As mens nie ‘n masjien het nie kan mens dit net dun uitrol?
Antwoord:
Baie jare terug het ek dit so gedoen. Jy moet dan eerder kleiner stukkies deeg afsny, want dit raak ongemaklik. En jy moet gereeld dubbeld vou en met meel sprinkel. Jy werk na ‘n dikte van ongeveer 1 tot 1.5 mm.

Resep en foto: Belinda Havenga

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5