Your Recipe Blog

TUISGEMAAKTE PASTA MET ROOMSOUS

TUISGEMAAKTE PASTA MET ROOMSOUS

Eerste keer wat ek ooit pasta maak. Heerlik en sal beslis weer probeer. “Practice makes perfect”

  • Pasta:
  • 500 g Wheat Semolina
  • 300 ml warm water

Strooi meel in ‘n sirkel en “make a well” opening in die middel. Giet so driekwart van die water in die middel en werk met jou vingers en krap meel na die middel toe. Voeg die res van die water by, wanneer al die meel en water ingewerk is, knie die deeg vir 10 minute. Maak toe met kleefplastiek en sit in die yskas vir ‘n halfuur.
Rol dun uit en sny stroke of vorm in enige vorm. Ek wou papardelle maak, lekker bree stroke pasta. Laat die pasta bietjie droog word, myne gehang vir so ‘n uur. Kook in soutwater vir so paar minute, myne was gaar in vyf minute, dreineer en meng met sous van jou keuse.

  • Roomsous: (hier gebruik jy die hoeveelhede na smaak)
  • sampioene
  • spek
  • room
  • kruie en veggie seasoning
  • Parmesan kaas

Spek gebraai, sampioene bygesit en gebraai. Room en veggie seasoning bygevoeg en stadig laat prut tot room verdik. Voeg die Parmesan by en vars pietersielie. Meng pasta deur die sous en bedien dadelik.

Resep en foto:  Leanne Thurston Coetzer

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page