Your Recipe Blog

TUISGEMAAKTE MOZZARELLA

TUISGEMAAKTE MOZZARELLA

Ek het die resep verdubbeld en daaruit 2 groot blokke kaas gekry.

  • 1 liter room melk
  • 200 g Maizena
  • 250 g botter
  • 1 teelepel sout
  • 200 g Mozzarella skywe

Klits die melk en Maizena baie goed saam.
Verhit en roer aanhoudend vir 1 min en voeg dan die sout en botter by.
Roer aanhoudend oor lae hitte en voeg die Mozzarella by.
Roer tot alles goed gemeng is.
As dit gesmelt is en begin styf word, skep uit in plastiek bakkies.
Sit “clean wrap” bo-oor en hou in yskas.

Resep geplaas deur Fransie Krige
Foto:  Fransie Krige

One Review

  1. Fransie Krige
    Ek wil net se dit maak n heerlike pasta sous. Vir my wat n pensionaris is werk dit om die kaas so te Kan verdubbel. Smaak baie beter en romerig as gewone Mozzarella kaas. My man Hou nie van due drade wat gewone Mozzarella so trek nie. Die het hy baie van gehou. Ek het dit tot in slaaie gebruik en souse oor steak gemaak. Jammer ek het nie al die fotos gehou nie xxx

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page