Your Recipe Blog

TUISGEMAAKTE MELKPOTBROOD EN VETKOEK

TUISGEMAAKTE MELKPOTBROOD EN VETKOEK

  • 9 koppies koekmeel
  • 1 pakkie droë gis
  • 1 liter louwarm melk
  • 3 eetlepels suiker
  • 1 teelepel sout

Meng droë bestanddele saam.
Giet louwarm melk by en knie totdat deeg van jou hande af is en deurgemeng.
Laat rys tot dubbel die grootte.
Knie af, sit in gesmeerde ysterpot en laat rys weer tot vol.
Bak oor matige kole tot goudbruin en gaar. (Sit kole op die deksel ook)
As jy daarop klop moet dit hol klink.
Sodra brood gaar is, smeer korsie met gesoute plaasbotter.

Vir vetkoek kan jy net die vetkoeke vorm na die eerste rys en neersit om weer te rys en dan in warm olie bak.

Foto een: Leandrie Potgieter

Foto twee en nota:  Stephanie Kohrs Ferreira
Ek het die wonderlike brood gebak Sondag. Ek het die resep halveer en in die oond gebak teen 180°C omtrent uur en half. Heerlik sag en lekker krakerige kors, wel nie te hard nie.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page