TUISGEMAAKTE MAYONNAISE
- 2 eiergele
- 5 ml suiker
- 5 ml mosterdpoeier
- sout na smaak
- 2.5 ml witpeper
- 5 ml Aromat
- 1 koppie olie (olyf en sonneblom of net 1)
- 10 ml suurlemoensap of asyn
- ¼ koppie langlewe melk, opsioneel
Klits alles behalwe olie, en melk tot dit begin verkleur.
Voeg dan bietjie, bietjie olie by terwyl jy klits, sodra mengsel verdik, gooi res van olie by en klits.
Laastens voeg die melk by, opsioneel vir meer romerige mayonnaise.
Foto en resep: Lelane van der Walt