Your Recipe Blog

TUISGEMAAKTE MAYONNAISE SLAAISOUS

TUISGEMAAKTE MAYONNAISE SLAAISOUS

Wow eerste keer mayonnaise gemaak. Dit is verby lekker. Resep in my ma se resepteboek ontdek.

  • 1 eier
  • 1 eetlepel asyn
  • ½ teelepel sout
  • 1 teelepel mosterdpoeier
  • 1 eetlepel suurlemoensap
  • 1 koppie kookolie

Meng eier (wit en geel) vir 20 sekondes in voedselverwerker.
Voeg asyn suurlemoensap, sout en mosterd by.
Meng weer vir 20 sekondes.
Voeg olie in dun straal by terwyl die menger loop, tot alles in gemeng is.
Voeg nog sout en suurlemoen sap by volgens smaak.
Ek het ook bietjie vars peper bygevoeg.
Skep in ‘n bottel met ‘n deksel en bewaar in die yskas.

Maureen Rule Tip:
Made it today. Best taste ever.  If it is too runny, place jar in hot water and the egg will coagulate and thicken the mayo.

Foto en resep:  Gina Fasen Viljoen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page