TUISGEMAAKTE MAALVLEIS MET LIESLAPPE EN “SILVERSIDE”
Ek en vroulief het vanoggend vyftien kilogram maalvleis gemaak. Nou kan ons weer lekker frikadelle en lasagne maak. Mens kan lekker toor met sulke vleiserigheid.
- ⅔ lams lieslappe (twee derdes)
- ⅓ “silverside” of “topside” beesvleis (een derde)
Ons koop van tyd tot tyd lamsribbetjies wat nog die lieslap (flank) aan het en dan sny ons die lieslappe af.
Ons koop “silverside” of “topside” steak wat ons dan saam met die lieslappe maal.
Sodoende maak ons ‘n ordentlike suiwer maalvleis wat bestaan uit net vleis, sonder enige ander goete wat ek nie ken nie.
Ons verhouding is een derde steak en twee derdes lamsvleis (lieslap) wat saam gemaal word.
Dit is tog te lekker.
Resep en foto: Gideon Louw