Your Recipe Blog

TUISGEMAAKTE LUGBRAAIER AARTAPPEL-TOTS

Recipe by
Cook: 30 minute | Servings: 6 (5 - 6 tots per porsie)

TUISGEMAAKTE LUGBRAAIER AARTAPPEL-TOTS

Hierdie tuisgemaakte lugbraaier-tots is ‘n ligter weergawe van ‘n gesinsgunsteling. Goudbruin, bros en absoluut heerlik. (AIR FRYER TATER TOTS)

  • 4 medium aartappels, geskil
  • 2 eetlepels mielieblom (Maizena)
  • ½ koppie gerasperde Parmesaankaas
  • 1 teelepel knoffelpoeier
  • 1 teelepel sout
  • ½ teelepel peper
  • 2 eetlepels olyfolie
  • 1 klein ui, gerasper
  • sprietuie, fyn gesny

Skil die aartappels en plaas in ‘n groot pot soutwater.
Bring tot kookpunt en laat kook vir 10 minute.
Dreineer en laat afkoel tot maklik hanteerbaar.
Rasper die aartappels en plaas in ‘n groot mengbak.
Voeg die mielieblom, parmesaankaas, gerasperde uie, sprietuie en geurmiddels by en meng dan goed.
Vorm tots uit die mengsel deur ‘n eetlepel van die aartappelmengsel tussen jou handpalms uit te druk en met jou vingers te vorm.
Plaas die tots in sarsies in die lugbraaimandjie en bedruip/spuit met olyfolie en braai dan vir 20 – 25 minute by 200ºC.
Draai die tots halfpad om en braai tot bros en goudbruin.
Verwyder uit die lugbraaier en sit voor saam met tamatiesous of jou gunsteling doopsous.

Resep aangepas en foto deur Elsabie Templeton

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page