Your Recipe Blog

TUISGEMAAKTE KOFFIEVERROMER

Recipe by
| Servings: 1.25 liter

TUISGEMAAKTE KOFFIEVERROMER

Na ‘n kuier in die buiteland by my dogter het ek besluit om my eie koffieverromer te maak. Ek het die tuisgemaakte kondensmelk resep gebuik wat op die groep is en bietjie aangepas.
Enige geursel kan gebruik word na smaak. Ek het karamelgeursel gebruik. Onthou om die verromer in die yskas te plaas omrede dit vars melk bevat. Ek glo dit sal vir langer as ‘n week goed bly in die yskas, maar ons gebruik dit so vining dat ek elke week maak.

  • 2 ¼ koppies Cremorapoeier
  • 160 ml lou water
  • 270 ml suiker
  • 90 ml botter
  • 10 ml karamelgeursel
  • 500 ml volroom melk

Plaas die Cremorapoeier, lou water, suiker en botter in ‘n voedselverwerker.
Meng goed totdat al die suiker opgelos is. Voeg die geursel en melk by en klits tot gemeng.
Plaas in yskas en gebruik soos nodig.

Resep en foto: Alta de Wet

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page