Your Recipe Blog

TUISGEMAAKTE KAASSMEER MET VARIASIE

TUISGEMAAKTE KAASSMEER MET VARIASIE

Ek was so beïndruk en “inspired” met julle onlangse Smeerkase, dat ek dit net eenvoudeig MOES probeer. 😉
Nou sal ek gereeld moet maak, want dis heerlik!
Baie dankie vir julle inspirasie! ⚘  Metode gebruik soos hieronder.

  • LELANE SE SPEK KAASSMEER
  • 1 liter volroom langlewe melk
  • 1 kg Bergkaas
  • 500 g Rama
  • 1 pakkie gesnipperde spek

Sit melk en botter in kastrol, roer tot botter gesmelt is, voeg kaas by, roer gereeld tot glad en kaas gesmelt is.
Braai spek tot krakerig en dreineer die olie af.
Sit spek in voedselverwerker tot ‘n poeier vorm. Voeg by kaas mengsel.
Meng goed deur en bottel warm maar laat heeltemal afkoel voordat jy die deksels opsit.
Maak seker die bottels en deksels is goed gesteriliseer.

Resep: Lelane Van Der Walt

  • LEONIE SE SMEERKAAS SONDER BOTTER
  • 1 kg Bergkaas
  • 1 litre longlife melk
  • 1 pakkie Royco potato bake, enige geur

Maak ‘n paste van ‘n bietjie melk en die potato bake.
Sit melk in kastrol, maak warm en sit gerasperde kaas by tot gesmelt.
Voeg dan jou paste mengsel by, roer tot opgelos.
En daarsy jou lekkerste kaas smeer.

Resep: Leonie Venter Beukes

  • MARIE SE KAASSMEER
  • 1 x 250 gram Rondo margarien, moet Rondo wees
  • 1 x koppie longlife melk, ek koop die klein boksie
  • ±s 500 g Bergkaas (geproseseerde kaas)

Smelt gerasperde margarien en kaas oor lae hitte tot romerig voeg dan jou een koppie melk daarby.
Roer aanhoudend, ek hou daarvan om dit te klits in die pot terwyl dit kook.
Ek maak hom al jare en nog net altyd ‘n sukses.

Resep: Marie Rheeder Troskie
Foto:  Belinda Havenga – Ek het 500 g Rama, die hele 800 g Bergkaas en so 2 ¼ koppies melk gebruik. (Dit was vars melk) en heel aan die einde so 3 hande vol biltong by geroer. Wow!

Heleen Brümmer Nel:
Heerlik! Ek het nou net myne gebottel. Ek het biltongpoeier by 4 bottels gevoeg en die ander het ek peppadews bygevoeg. Presies dieselfde resep gebruik, ek het net Clover se longlife melk gebruik, dis wat my resep gesê het.

Nicolien Johan van As:
Ek voeg ‘n pakkie “potato bake” (geur van jou keuse) by, voor die kaas bygevoeg word en dan ‘n druppel geel voedselkleursel. Dan is dit dieselfde kleur as Melrose.

IDEES VIR GEGEURDE SMEERKAAS
Leandri Kos vra vir nog idees  om kaassmeer te geur.

Frances Van Niekerk:
Roasted red pepper
caramelized onion
smoked salmon

Louise Groenewald:
Goeie kwaliteit gerookte Paprika (wat jy by die rykmanswinkel koop) is heerlik.
5 ml, roer en proe.

Glenda Marlow Gardiner:
Ek het altyd spek ingesit.. as als klaar gemeng is.. dan voeg ek die stukkies spek by.
Leandri Kos – Glenda dankie! Net so (die bits), of maak jy dit eers fyner? Soos ‘n poeier?
Glenda Marlow Gardiner- Leandri Kos nee soos in klein bits..lekker crispy…dis baie lekker. En so veel soos jy wil.

Charlotte Barnard:
Knoffel of fyn stukkies gebraaide spek is heerlik. Braai stukkies lekker crispy
Leandri Kos- Charlotte dankie! Knoffel poeier of vars rou knoffel of vars gaar knoffel?
Charlotte Barnard – Leandri Kos ek sit van die bakkies knoffel wat mens by foodlovers koop sommer daarvan in. Sit maar so na gedagte by dat dit nie te veel koffelsmaak het nie. Ek snipper my spek baie fyn en braai dit lekker chrispy. Is heerlik

Hettie Gouws Stoltz:
Die gesnipperde peppadews wat jy in botteltjies koop werk ook lekker, sit by na kook proses voor bottel.

Veronica Langenhoven:
Ek het vars knoffel ingesit net nadat dit van die stoof afgehaal is. Baie lekker.

Yolande Wink:
Ek het al baie kaassmeer gemaak en kan verseker die volgende voorstel:
Tried and Tested: (NB. voeg alle geure eers na die kook process by)
Sping Onion fyn opgesny (persoonlike gunsteling)
Grof gemaalde swart peper korrels
Crispy fried bacon bits, klein opgesny
Chilli flakes
Vir ‘n soeter variasie, probeer ook gerus opgesnipperde, gedroogte gogi berries.
Leandri Kos – Yolande die spring onion klink baie lekker en die peper ook! Kan die chilli flakes dalk vervang word met poeier? Ek het chilli powder maar nie flakes nie. Het wel vars chillies wat al so bietjie gedroog het
Yolande Wink- Ek sal nie die poeier gebruik nie. Dis te “potent”.
Jy kan wel jou semi-gedroogte chillies ontpit en dan verder uitdroog in ‘n mikrogolf deur om dit tussen 2 servette in ‘n bordjie te sit. Ek doen so 3 x 60 sekonde sessies met so 2 minute staan tussen sessies. Mag dalk nodig wees vir n 4de keer, kyk maar net na staantyd… laat dit behoorlik afkoel en frummel sommer met die vingers.

Trudie Truter:
Jy kan potato bake ook bysit.
Leandri Kos – Trudie interessant… wanneer voeg ek dit by? Dit moet seker eers bietjie gaar word voordat ek dit bottel?
Trudie Truter – Leandri Kos, die resep sê kook bestanddele, dan voeg jy mos jou melk en bergkaas en kook saam en dan voeg jy potato bake poeier in.

Sarie Greyvenstein:
Vat gebottelde pepperdews sny na verlangde groote en meng saam.

June Baker:
Miskien van black pepper of opgekapte groen vye konfyt of gekapte olywe.

2 Reviews

    • Sonja ek verstaan nie jy is dan op die resep, so watse resep moet ek vir jou stuur asb?. Jy het nou onder aan die resep getik toe jy die resep gevra het. Laat weet of jy reggekom het asb?

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page