Your Recipe Blog

TUISGEMAAKTE HAMBURGERS MET KAAS

TUISGEMAAKTE HAMBURGERS MET KAAS

  • 250 g maer maalvleis
  • 250 g gesnipperde spek
  • ½ rooi ui, baie fyn gekap
  • 10 ml knoffel
  • 1 eier
  • 2 eetlepels “balsamic reduction”
  • ½ koppie broodkrummels of hawermout
  • 10 ml Italiaanse kruie
  • sout en swart peper
  • 8 opgehoopte eetlepels gerasperde kaas

Braai die spek tot ligbruin en bros. Meng dit saam met die maalvleis. Braai die ui tot sag en ligbruin, voeg die knoffel by en braai vir nog so ‘n minuut. Meng dit by die vleismengsel. Meng die res van die bestanddele behalwe die kaas bymekaar en deel die vleismengsel in 4.

Druk elkeen van die vier bolle plat en sit ‘n eetlepel kaas in die middel. Vou dit toe en druk dit weer plat. Maak seker die kaas is mooi toegeseël in die maalvleis anders loop dit uit wanneer dit smelt.

Braai dit op medium hoogte totdat dit mooi bruin is aan altwee kante. Wanneer jy dit die eerste keer omdraai, sit nog ‘n eetlepel kaas op elke burger.
Dit smelt nie heeltemal nie, dit word net lekker sag.

Bedien op ‘n broodrolletjie met mayonnaise.

Resep  en foto: Zita Harber

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5