TUISGEMAAKTE GEMMERBIER
Hierdie resep is al maklik 35 jaar lank in ons familiegebruik. Ek het dit baie lank terug gemaak (kinders is almal uit die huis uit), maar gaan dit hierdie somer maak. Die resep het ek al so baie uitgegee – tot in Dubai!! Heerlik verfrissend.
- 17 liter water
- 2,5 kg suiker
- 3 eetlepels fyn gemmer
- 1 eetlepel droë gis (korrels)
- 1 – 2 handevol (pit) rosyne
Gooi alles bymekaar in ‘n 20 liter emmer met ‘n deksel.
Roer tot suiker opgelos is.
Sit deksel op.
Laat staan oornag.
Rosyne moet bo-op dryf – dan is dit reg!
Gooi in bottels, MOENIE BOTTELS SE PROPPE TE STYF OPDRAAI NIE!!!!!
Geniet!!
Resep en foto: Lorraine Weitz Brand