TUISGEMAAKTE EIERPASTA
Tried and tested! Tuisgemaakte eierpasta. Sukkel deesdae om eierpasta te kry, toe maak ek my eie. Baie maklik. Ek het hulle in noedels gerol en gekook vir 5 minute in gesoute water. Ek sal sê genoeg vir 2 mense in ‘n roerbraai.
- Deeg:
- 1 eier
- 5 ml olie
- 100 g koekmeel
- knippie sout
- Kookmengsel:
- 3 koppies water
- 2.5 ml sout
Maak ‘n bondeltjie met die meel en sout, maak gaatjie in die middel en giet die eier en olie in die middel.
Meng met die vingers tot degie en knie lekker tot ‘n elastiese deeg.
Klaar geknie maak ‘n balletjie, sit omgekeerde glasbak oor die deeg, laat rus vir ‘n uur.
Rol redelik dun uit. Los vir 5 minute om te rus.
Sny met pizzasnywer in repies of rol op en sny met ‘n mes in pasta dun repies of rol in noedels soos op die foto.
Dompel in kokende water met sout en olie (optioneel) tot gaar, ongeveer 5 minute.
Bedien met vleis en sous van jou keuse.
Resep: Esti Jordaan
Foto en notas: Stephanie Kohrs Ferreira