Your Recipe Blog

TUISGEMAAKTE EIERPASTA MET ROOMHOENDER

TUISGEMAAKTE EIERPASTA MET ROOMHOENDER

Aandete: Tuisgemaakte Pasta met Hoender repe in ‘n romerige gerookte spek, sampioen en witwynsous.

  • Eierpasta:
  • 9 eiers, geskei (gebruik net eiergele, gewig was 177 g)
  • 177 g meel (gewig van die meel en die eiergeel moet dieselfde wees)

Maak holte in die meel en voeg die eiergeel in die middel by.
Roer meel in die eiergele in.
Knie tot ‘n gladde elastiese deeg op ‘n meelbestrooide blad.
Laat rus vir 45 minute in die yskas. Knie weer deur.
Sit pasta deur die pastamasjien, begin by die grootste stelling, en eindig met kleinste stelling. Sit deur die snyer.
Kook soos enige ander pasta.

  • Hoender in romerige witwynsous:
  • 1 ui gekap
  • ¼ groen soetrissie gekap
  • 1.2 teelepel knoffel gekap
  • 1/3 pakkie sampioene gekap
  • 1/3 pakkie gerookte spek in stukkies gesny
  • grof gemaalde swartpeper, sout, oreganum en basilliekruid na smaak
  • 3 hoender fillette in repies gesny
  • ¼ koppie witwyn
  • 1 ½ koppies room

Braai ui, soetrissie, knoffel, sampioene, gerookte spek, peper, sout, oreganum en basillikruid tot uie deurskynend is.
Voeg hoender by en braai goed deur.
Voeg witwyn by en kook goed deur.
Voeg room by en prut tot ‘n dikkerige romerige sous vorm.
Meng die gaar pasta in die hoender in en bedien.

Resep en foto: Petré van Jaarsveld

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page