TUISGEMAAKTE EAT- SOME-MORE KOEKIES
- 4 koppies koekmeel
- 1 koppie versiersuiker
- 1 koppie olie
- 250 g margarien
- knippie sout
Room margarien en suiker saam tot romerig.
Voeg olie by en meng goed. Voeg meel en sout bietjie bietjie by en meng tot ‘n deeg vorm.
Rol die deeg uit op ‘n meelbestrooide oppervlak, druk af en pak op gespuite bakplate.
Bak 10 minute by 160°C.
Resep en foto: Martie Labuschagne
Category: