Your Recipe Blog

TUISGEMAAKTE “BURGERS” MET ‘N KINKEL

Recipe by
| Servings: 6 porsies

TUISGEMAAKTE “BURGERS” MET ‘N KINKEL

  • 1 kg wildsmaalvleis
  • 6 paninirolletjies
  • 1 pakkie Melrose kaassnye (gewoonlik 12 snye in ‘n pakkie)
  • 2 rooiuie, in ringe gesny
  • worsspeserye, na smaak en om maalvleis te bind
  • 2 tamaties

Geur die maalvleis en vorm een groot vierkant op ‘n skinkbord, so groot soos 3 x 3 paninirolletjies langsmekaar.
Laat dit goed koud word in die yskas. Keer die groot “maalvleispattie” uit op ‘n knypbraairooster, soos in die foto’s.
Braai die maalvleis op middelmatige kole tot amper gaar.
Haal dit van die kole af  deur weer die skinkbord oor die vleis te sit en dit dan om te keer dat die vleis op die skinkbord lê.
Plaas die onderste deel van die broodrolletjies op die rooster teen mekaar, drie in ‘n ry.
Sit die vleis terug op die rolletjies op die rooster.
Pak die tamatie, uie, kaas en boonste snye van die rolletjies bo-op.
Maak die rooster toe en sit terug op ligte/flouerige kole tot die uie gaar, die kaas gesmelt en die brood lekker gerooster is.
Sny nou mooi tussen die burgers deur met ‘n skerp mes, en bedien. Lekker eet.

Resep en foto’s: Dawie Rontgen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5