Your Recipe Blog

TUISGEMAAKTE BROODKRUMMELS

TUISGEMAAKTE BROODKRUMMELS

“For years I’ve taken the heel (ends of bread) and put then in the food processor, to make fine crumbs, then I add cumin, paprika, coriander and dried thyme, and dry them in the oven (or in the karoo, where I live, spread on a tray covered with net, in 48 °C heat of the sun they dry fast)/ When dry, I pack into a container to use for schnitzel, or to add to meatballs. Much nicer than the bought ones, and spiced the way you like them.”

  • 10 korsies van brode
  • 1 teelepel fyn komyn
  • 1 teelepel fyn koljander
  • 1 teelepel paprika (gerookte paprika werk ook, maar ½ teelepel)
  • gedroogde tiemie, na smaak
  • ½ koppie gerasperde parmesaankaas (opsioneël)

Maak brood baie fyn in voedselverwerker. Voeg res van bestanddele by en meng baie goed. Versprei in oondpan en droog totdat krummels droog is (soos beskuit, maar baie korter – hou krummels dop). Wanneer afgekoel is dit reg vir gebruik. Kan vars gestoor word vir tot drie maande in plastieksak of –bak. Kan gevries word. As krummels nog te grof is na droog is, sit terug in verwerker en maal fyn soos jy dit wil hê.

Nota – gebruike:
Sit op blomkool- en brokkoliestukkies met kaassous, sprinkel krummels oor en bak.

Meng krummels met gewone sterk cheddarkaas,gemeng met bietjie olyfolie en sit op plat hoender se vel kant, bak in oond – dit kom heerlik bros uit en baie lekker – my kleinkinders noem dit “grannies kentucky”.

Resep en foto: Felicity Lotter

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page