TUISGEMAAKTE BROODKRUMMELS VAN VERSKILLENDE BROOD
- oorskiet korsies en snytjies/stukkies brood
Het gou al die oorskiet snytjies en korsies op die end van brood wat niemand in my huis eet nie, fyn gekap, die nat krummels gedroog by 65°C vir 40 min en toe nadat dit afgekoel is, weer geblits om dit nog fyner te kry.
Nou het ek ‘n 1 liter Tupperware houer met gemengde krummels van witbrood, rooibos-en rogbrood, lae GI volgraan bruin saadbrood en lae GI soja-en linseed witbrood.
Dit is wat ek gebruik om steaks en schnitzel te krummel en strooi dit ook oor pasta geregte soos lasagna, mac en kaas en enige geregte wat Bechamel of kaassous kry. Dit gee ‘n heerlike krakerige bokant.
Speserye: Voeg eers by wanneer ek besluit of dit vis, hoender, bees of vark gaan wees. Vir die pasta geregte wil ek geen speserye of kruie hê nie, want ek meng fyn Parmesan by dit in.
Idee en foto: Elsabie Templeton