Your Recipe Blog

TUISGEMAAKTE BAGELS

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 3 - 4

TUISGEMAAKTE BAGELS

Avokado- en roomkaas bagels.
Een avokado fyngedruk met bietjie sout, peper en knoffelsout. Eerstens gewone Smooth roomkaas gesmeer en toe avokado bo op. Bagels lekker warm uit die oond.
Lekker klein maat vir klein families of enkel lopendes. Ek kry 3 hand grote bagels uit.

  • 300 ml sterk witbroodmeel
  • 1 teelepel kitsgis
  • 1 eetlepel suiker
  • 100 ml louwarm water
  • 1 teelepel sout

Meng al die bestanddele saam en knie tot glad. Laat dit rus in ‘n bedekte bak om te rys tot dit verdubbel het.
Druk die deeg plat en breek bolle af. (so groot soos pruime, iets tussen ‘n tennis- en golfbal) Druk jou duim deur die bol en trek dit goed uitmekaar om ‘n donutvorm te kry, maak maar seker die gat is groot genoeg. Laat dit nou vir 20 minute rus op ‘n gemeelde oppervlak, waarvan af jy dit sal kan haal sonder om die deeg te versteur.
Maak ‘n pot tot so 10 cm vol water en ‘n eetlepel suiker. Laat die water kook terwyl die deeg rus. Wanneer dit kookpunt bereik het, plaas die gerysde deegringe in die water vir 45 sekondes aan elke kant. Verplaas die ringe na ‘n bak-rakkie om te droog.
Draai dit om na so paar sekondes.
Bak die bagels dan in ‘n voorverhitte oond vir so 7 minute aan elke kant teen 180 ºC.

Foto: Stephanie Kohrs Ferreira

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page