TUISGEMAAKTE APPELASYN
8 x 2 Liter appelasyn gebottel, nou rus hulle vir 30 dae dan is hulle reg.
Indien mens “home grown” appel gebruik, gebruik jy die hele appel, skil en pitte alles, maar appels wat jy in die winkel koop, sny die binneste uit, weet nie hoekom nie.
- 6 appels (enige soort)
- gekoopte water om appels te bedek
- 1 eetlepel suiker vir elke koppie water
Sny appels in blokkies, ongeveer 6 appels.
Plaas in houer en voeg water met ‘n koppie in tot die appels net bedek is, gebruik gekoopte water, en tel die koppies water wat jy gebruik.
Voeg 1 eetlepel suiker by vir elke koppie water.
Meng goed en sit lappie oor en los ongeveer 30 dae.
Roer elke dag, kyk eers so by dag 20 of daar ‘n “mother” is voor jy sommer net roer.
As die “mother” gevorm het moet jy nie meer roer nie.
Na 30 dae suig die mengsel deur ‘n kaasdoek en bottel, laat staan nog 30 dae voor gebruik.
Ek het bietjie meer as 100 appels gebruik vir 16 liter.
Notas:
Die “mother” is die kultuur waarmee jy die volgende mengsel vingers kan begin.
Resep en foto: Alta Forbes Enslin