TUISGEMAAKE HOENDER- EN KAAS VIENNAS
- 500 g hoender fillette, in blokkies gesny (rou)
- ½ teelepel knoffelpoeier
- ½ teelepel witpeper
- ½ teelepel fyn gemmer
- 1 teelepel sout
- 1 teelepel olie
- 2 teelepels Maizena
- 4 teelepels beetsap, of versap ‘n vars beet
- 1 eier
- 1 koppie kaas, gerasper, of na smaak
Verrwerk al die bestanddele behalwe die kaas in voedsel verwerker tot fyn, Plaas in yskas vir 1 uur.
Meng die kaas by.
Smeer jou hande met olie om mengsel in “worsie” te rol.
Gebruik klingwrap om viennas in te rol en knoop goed toe. (sien foto)
Stoom vir 10 min deur water in ‘n pot te kook op die stoof met die vergietes bo-op waarin die worsies gepak is met ‘n deksel op, as jy ‘n stomer het, kan jy dit ook gebruik.
Laat heel afkoel voor jy kleefplastiek afhaal of jy vries hulle sommer net so in kleefplastiek in n zip-lock sakkie.
Dit hou 2 maande in vrieskas.
Geniet!
Resep en fotos: Martie Labuschagne













