Your Recipe Blog

TUISGEBAKTE WITBROOD

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 - 40 min

TUISGEBAKTE WITBROOD

As ek dit kan doen kan almal, trots op myself. Ek het die resep van my oorlede ma se kookboek gelees.

  • 1 kg broodmeel
  • 600 ml lou warm water (hou jou vinger 10 telings in die water, niks warmer nie)
  • 20 ml sout
  • 30 ml suiker
  • 10 g kitsgis

Plaas die suiker en gis in 200 ml van die 600 ml water en sien of die gis skuim, dan is die suurgeeg aktief en kan jy die deeg begin.
Voeg al die ander bestanddele by die gismengsel en knie goed, kan ook die deeg op op ‘n skoon oppervlakte uitkeer en vou en knie tot ‘n lekker elastiese deeg.  Plaas die deeg in ‘n skottel.
Maak toe met ‘n rysdoek en laat staan om te rys vir 30 minute op ‘n lekker warm plek.
Herhaal die vou en knie om die deeg af te knie. Vorm die brood en plaas in ‘n gesmeerde broodpan.
Laat staan met ‘n doek oor vir 30 min of todat die goed gerys het. (ten minste verdubbel)
Voorverhit die oond tot 200 ºC.
Wanneer vol gerys, plaas versigtig in die oond en bak vir 30 tot 40 min of tot brood hol klink wanneer mens daarop klop.
Haal uit die oondpan, keer uit die panne en maak toe in ‘n doek om af te koel.

Nota:
Rina Kleinhans – Kan bietjie melk, of water of botter oor die korsie smeer indien verkies.

Resep en foto:  Waldemar Henning

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page