TUISGEBAKTE PLAATKOEKIES
- 500 ml koekmeel
- 45 ml suiker
- 2 ml sout
- 20 ml bakpoeier
- 2 eiers
- 250 ml melk
- 125 ml water
- 30 ml kookolie
- stroop
Sif droë bestanddele saam. Klits eiers, melk, water en olie saam.
Voeg droë bestanddele by en meng tot gladde deeg.
Verhit pan en spuit goed met Cook en Spray.
Skep met ‘n groot lepel van die beslag in die warm pan (sonder olie).
Sodra lugborrels oopgaan, draai plaatkoekies om en bak tot gaar.
Bedien met kaas, stroop, roomys of konfyt.
Nota:
Maak beslag dubbeld aan vir 4 mense of meer.
Foto en resep: Juanri Van Der Walt