Your Recipe Blog

TUINSLAAI TORTILLA

Recipe by
| Servings: 6

TUINSLAAI TORTILLA

  • Tortilla:
  • 1 ½ koppie bruismeel
  • 1 teelepel sout
  • 50 ml sonneblomolie of van jou keuse
  • 1 koppie (ongeveer) baie warm water

Meng die bruismeel en sout saam. Voeg sonneblomolie by en meng goed deur.
Voeg nou die water by en maak deeg aan met jou hand totdat dit mooi bind (dit mag moontlik wees om bietjie meer of minder water te gebruik afhangend van jou meel se vogtigheid. Die deeg moet lekker sag wees. Laat rus vir 30 minute.

Deel deeg in 6 en rol in sirkels uit.
Bak in ‘n pan op die stoof oor matige hitte.
Die tortillas sal begin “opblaas”. Draai om en bak tot mooi bruin, ongeveer 1 minuut per kant. Hou eenkant onder ‘n vaddoek.

Ek het letterlik hierdie tuinslaai gemaak met al die groente uit ons tuin maar enige vars slaai bestanddele sal werk.

  • Tuinslaai:
  • 1 baba rooikool
  • 1 baba groenkool
  • ½ groenrissie
  • 1 peppedew
  • 2 takkies seldery
  • 1 ui
  • ½ koppie babatamaties
  • sout en peper na smaak
  • 125 ml Mayonnaise of slaaisous van jou keuse

Sny al die groente in lang repies (ek het die tamaties in die helfte gesny).
Voeg sout, peper en mayonnaise by die groente en meng goed deur.

Deel die slaai in 6 porsies en plaas ‘n porsie op elke tortilla.
Rol op en sny in die helfte.
Geniet.

Resep en foto: Bernadene Prinsloo

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page