TROPIESE VRUGTEBLATJANG
- 4 geelperskes, geskil en gesnipper
- 6 grenadellas se pitte
- 4 mangoes, geskil en gesnipper
- 2 pynappels, geskil en gesnipper
- 1 suurlemoen in skywe gesny
- 4 uie, geskil en gesnipper
- 10 ml kerriepoeier
- 5 ml pekel speserye (pickling spice)
- ¾ koppie suiker
- 5 ml sout
Plaas helfte van die suiker onderin die pot.
Pak al die gesnipperde vrugte op die suiker in die pot.
Sit die suurlemoenskywe bo-op die vrugte en strooi die ander helfte van die suiker bo-oor.
Kook stadig vir 10 min, roer die suurlemoenskywe deur die snippers, en haal -skywe uit na 10 min, kook vrugte snippers verder oor stadige hitte, terwyl jy die uie smoor.
Smoor die uie snippers in ‘n pan met bietjie olyfolie saam met die kerrie en pickling spice tot uie lekker sag is.
Roer uie by die vrugtesnippers in en laat goed deurkook, roer gereeld.
Bottel warm in voorbereide warm bottels en deksels. Seël dadelik.
Resep en foto: Mariette heydenrych- Kotze