Your Recipe Blog

TROPIESE KAASKOEK

TROPIESE KAASKOEK

Die was ‘n baie lekker ligte nagereg wat nie te soet was nie.

  • LAAG 1
  • tennisbeskuitjies
  • LAAG 2
  • 1 pak gevriesde vrugte (ek het ‘n “tropical mix” een gebruik wat pynappel, mango en aarbeie ingehad het)
  • 30 ml klapper rum (of so paar druppels rumgeursel en klappergeursel)
  • 1 teelepel mielieblom indien nodig, aangemaak met bietjie water
  • LAAG 3
  • 1 pakkie pynappeljellie plus 1 eetlepel gelatien, aangemaak met 250 ml kookwater en afgekoel in yskas tot amper gestol
  • ½ blikkie ingedampte melk, oornag verkoel in yskas
  • LAAG 4
  • 1 houertjie gladde roomkaas
  • ¾ blikkie kondensmelk
  • 60 ml lemmetjiesap

Kook die vrugte (moenie dat dit ontdooi nie, gebruik direk uit die vrieskas uit), suiker en rum (of geursel) van laag 2 saam tot dit begin verdik (maar nie konfyt dik is nie).
Indien nodig kan jy dit bietjie verdik met ‘n teelepel mielieblom wat met water aangemaak is.
Klop die ingedampte melk tot dik en voeg die aangemaakte jellie by.
In ander bak meng die roomkaas en kondensmelk saam, klop die lemmetjiesap in en vou dan die ingedampte melk mengsel in.
Laat afkoel in die yskas tot dit net begin stol.
Pak tennisbeskuitjies onder in ‘n bak, dan van die vrugtemengsel, gevolg deur die roomkaasmengsel.
Pak weer beskuitjies, roomkaasmengsel en dan eindig met vrugtemengsel.
Ek het sommer bietjie klapper goudbruin gebraai en bo-oor gesprinkel vir die pret.

Resep en foto: Karen S Homan

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page