TRIO WILDSVLEIS FILLETPASTA
- 200 g gemsbok fillet
- 200 g kudu fillet
- 200 g springbok fillet
- 1 rooi ui, gehalveer en in ringe gesny
- 1 rooi soetrissie, in repe gesny
- 1 groen soet rissie, in repe gesny
- 2 knoffelhuise, gepars
- Gemmerpiekels hoeveelheid volgens smaak, fyn opgesny
- 15 ml groen peperkorrels, gekneus
- 1 handvol gesnipperde pietersielie
- 1 porsie spaghetti, al dente gekook en afgekoel in koue water, dreineer voor gebruik
- Marinade:
- 15 ml sojasous
- 15 ml rooiwyn asyn
- 5 ml olyfolie
- 5 ml suurlemoensap
Sny die fillet in dun repe en voeg dit by die marinade. Plaas in die yskas vir ten minste 20 minute.
Verhit die olie in ‘n groot pan en voeg die soetrissies en uie by. Roerbraai dit vir 5 minute om sag te word maar steeds al denté.
Voeg die knoffel, peperkorrels en gemmer by en roerbraai nog ‘n minuut voordat die gedreineerde spaghetti bygevoeg word. Roer deur tot die pasta verhit het.
Meng die pietersiele deur en skep oor in ‘n opdienbak.
Verhit dieselfde pan tot hoër hitte en voeg die filletrepe en marinade by. Roerbraai vir 1 – 2 minute.
Voeg die trio filletrepe met pansappe by die spaghetti en groente en meng goed deur. Bedien dadelik.
Resep en foto: Johan Rossouw