TRES LECHES KOEK
Meksikaanse 3-melk koek
- Koek:
- 1 pak vanilla koekmengsel
- 1 koppie water
- 1 eetlepel sonneblom olie
- 2 teelepels vanielje
- 4 eiers
- Melkmengsel:
- 1 blikkie kondensmelk
- 1 koppie Ideal melk
- 1 koppie room
- Versiering:
- 2 koppies room – klits tot sagte punte
- aarbeie of versier soos verkies
Verhit oond tot 180 ºC. Botter ‘n 32 x 22 cm koek pan.
Meng al die koek bestanddele saam, klits tot glad.
Gooi die beslag in die pan, en bak vir 30 – 35 minute totdat ‘n toetspennetjie skoon uitkom.
Terwyl die koek in die oond is, meng die 3 melk bestanddele saam. Roer – moenie klits nie.
Dit moenie borreltjies maak nie. Dis maklikste om hierdie in ‘n 1-liter beker met ‘n tuit te doen.
Haal die koek uit die oond en sit op ‘n draadrakkie om af te koel vir 5 minute.
Gebruik ‘n sosatie-stokkie om gaatjies in die koek te steek – sommer so elke 1 cm. Dis baie gaatjies!
Gooi nou die melk mengsel versigtig oor die koek.
Dit lyk soos baie, maar jy moet alles oorgooi.
Los nou die koek totdat hy afgekoel het.
Maak dit toe en sit in die yskas tot die volgende dag.
Klits die 2 koppies room tot sagte punte. Smeer oor die koek en versier met gesnyde aarbeie.
Bedien koud saam met ‘n lekker koppie boeretroos.
Resep: Lindi Ouwerling
Photo: Dalila De Barros Viljoen
I added 1 caN crushed pineapple to the cake batter, and instead of fresh cream I used orley whip for the top and added crushed pineapple to it too… delish!!!
Celia Du Preez – Het ongelukkig nie ‘n foto nie, bak ook die koek, maar by my melkmengsel roer ek ‘n pakkie arbei kitspoeding by, dit vertoon pragtig as die koek gesny word.