TREK VETKOEK
Hierdie het die trekkers gebak op hul reistogte. Dieselfde deeg kon jy brood van ook bak. Ek is so dankbaar my ouma het my geleer en vertel van hul bestaan.
- 1 kg koekmeel of bruinbroodmeel
- 1 pakkie kits suurdeeg (die blokkie is nie meer beskikbaar nie.)
- 2 teelepels sout
- 2 eetlepels stroop of suiker
- 500 ml sterk warm water (moet jou vinger 10 tellings kan inhou)
- olie of vet vir hande smeer
Los die suiker en sout op in sterk warm water.
Smeer jou hande met olie of vet.
Voeg nou die die meel en gis by die watermengsel.
Meng alles goed saam met jou hande.
Knie goed deur.
Maak toe met ‘n doek en laat rys vir 1 uur.
Maak balle, plaas op gesmeerde skinkbord en laat weer rys.
Bak in warm olie tot mooi ligbruin.
Nota:
Pasop dat die olie nie te warm is nie, wanneer jy ‘n stukkie deeg in die olie sit, moet hy amper dadelik opkom.
Resep en foto: Annette Visagie












