Your Recipe Blog

TOSCA SE VISKOEKIES

TOSCA SE VISKOEKIES

Viskoekies – een van my gunstelinge! My ma het dit dikwels vir ons gemaak vir ʼn ligte ete met brood en mayonnaise.

  • 1 blik sardyne (pilchards) in tamatiesous (400 g)
  • 1 koppie gaar kappokaartappels
  • ½ koppie gekapte ui
  • groot handvol fyngekapte pietersielie
  • 1 eier, geklits
  • sout en peper
  • 2 (of meer) opgehoopte eetlepels koekmeel
  • 1 teelepel bakpoeier
  • botter om in te bak

Maak die vis, met sous en al met ʼn vurk fyn en roer die kappokaartppels, gekapte ui en pietersielie by.
Klits die eier met sout en peper en meng alles met die vis.
Voeg genoeg meel by – die deeg moet redelik slapperig wees, jy moet lepelsvol kan skep en dit moet min of meer vorm behou. Roer bakpoeier by.

Smelt ʼn bietjie botter in ʼn pan en skep lepels vol vismengsel in. Bak teen matige hitte tot goudbruin.
Bedien met kappokaartappels en ertjies of ʼn lekker vars slaai.

Nota:
Indien jy nie die kapokaartappels gebruik nie, is die meel ongeveer 1 koppie.

Resep en foto:  Tosca De Villiers

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page