TORTILLA WRAPS MET “PULLED” VARK OF HOENDER
- 3 – 4 hoenderborsies, of gelyke hoeveelheid vetvrye vark
- 1 blokkie hoenderekstrak
- water om vleis net te bedek
- 1 ui, gekap
- 1 groen soetrissie, gekap
- 1 teelepel komynsade
- 1 teelepel rissievlokkies
- 2 fyn knoffelhuisies
- 1 teelepel suiker
- 1 blikkie Mexican tamatie
- 1 blikkie “red kidney beans” opsioneel
- 1 sout en peper
- 2 tamaties, in blokkies gesny
- 1 handvol gekapte grasuie
- 1 teelepel elk suiker en asyn
- gesnipperde kropslaai
- 1 lepel mayonnaise, na smaak
- gerasperde kaas
- Tortilla wraps
Kook vleis in die water waarin die blokkie ekstrak gekrummel is toe gaar. Haal uit en trek vleis met 2 vurke uitmekaar. Hou eenkant.
Giet die res van die water af en smelt 1 lepel margarien in die pan/potjie. Braai uie, soetrissies, komyn, rissie, suiker en knoffel. Voeg vleis en die blik tamaties by en prut tot verdik (so 20 – 30 min.). Geur met sout en peper.
Meng tamatie, grasuie, suiker en asyn in ‘n aparte bakkie.
Meng kropslaai en mayonnaise in nog ‘n bakkie..
Skroei tortillas in droë warm platboompan so 15 sekondes aan ‘n kant, hou warm in klam doek.
Bedien dadelik of laat elkeen sy eie bou.
Avokado en suurroom maak dit ‘n okkasie.
Njamm.
Resep en foto: Stef Conradie