Your Recipe Blog

TOFFIEPOTPOEDING

Avatar photo
Recipe by
Cook: 25 minute + 10 minute rustyd

TOFFIEPOTPOEDING

  • 4 eetlepels botter
  • 4 eetlepels suiker
  • 4 eetlepels konfyt soos appelkoos
  • 2 eiers, geklits
  • 8 eetlepels koekmeel
  • 2 teelepels koeksoda
  • 1 koppie melk
  • Sous:
  • 1 ½ koppie melk
  • 1 ½ koppie suiker
  • ½ koppie room of ingedampte melk (ideal milk)
  • 2 teelepels vanieljegeursel

Room die botter en suiker tot liggeel. Voeg die konfyt en eiers by die bottermengsel. Voeg die meel bietjie vir bietjie by. Meng die koeksoda met die melk en voeg dit bietjie vir bietjie by die mengsel totdat dit goed geklits is. Hou die beslag eenkant.

Kook eers die sous deur al die bestanddele daarvoor in ’n groot swartboomkastrol van ten minste 3 liter te meng. Bring tot kookpunt.

Terwyl die sous besig is om te kook, giet die beslag stadig oor die agterkant van ’n houtlepel, in die sous.
Moet dit glad nie roer nie.
Plaas dadelik ’n deksel wat dig sluit op die pot. Prut dit vir 25 minute oor ’n matige hitte – pasop dit brand maklik.
Die poeding sal verdik en ’n karamelagtige kleur kry. Verwyder van die hitte en laat staan 10 minute met die deksel voordat jy dit voorsit

Foto: Christelle Slabbert

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page