Your Recipe Blog

TOFFIEAPPELS

TOFFIEAPPELS

  • 5 middelslag appels
  • 250 ml suiker
  • 75 ml kookwater
  • 2.5 ml asyn
  • 1 ml kremetart
  • 2.5 ml kleursel, rooi of groen

Was die appels goed af en maak seker dat hulle heeltemal droog is.
Gebruik sosatie stokkies en sny in helfte.
Druk die halwe stokkies in die appels in.
Smeer ‘n glasbak om toffieappels op te sit.
Plaas al die bestanddele in ‘n pot op die stoof en laat kook tot kraak stadium bereik is.
Roer kort kort.
Toets die stroop in bietjie yswater.
Die stroop sal kraak geluid maak in water en onmiddellik hard raak.
Haal van stoof af.
Neem nou ‘n appel aan ‘n stokkie en doop in die stroop met ‘n draai beweging.
Plaas op gesmeerde bord en laat koud word.
Indien jy meer wil maak verdubbel bestanddele en kook bietjie langer.

Resep:  Alta West
Foto:  Fredalaine Harmse

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page